Eduard IV van Engeland

Eduard IV
Koning van Engeland

Huis Huis van York
Regeer 4 Maart 146131 Oktober 1470
Voorganger Hendrik VI
Opvolger Eduard V
Eggenote Elizabeth Woodville
Kinders Elizabeth van York
Maria van York
Cecilia van York
Eduard V
Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York
Anna van York, Gravin van Surrey
Catherina van York
Bridget van York
Gebore 28 April 1442
Oorlede 9 April 1483
Vader Richard van York
Moeder Cecily Neville

Eduard IV (Rouen, 28 April 1442Westminster-paleis, 9 April 1483) was van 1461 tot 1483 koning van Engeland. Hy was die seun van Richard van York en Cecily Neville en die eerste koning van die Huis van York. Daar word soms gemeen dat Eduard buite-egtelik was omdat sy pa in die vermoedelike bevrugtingstyd weg was op ’n veldtog, maar dit kan ook valse gerugte of vanweë ’n vroeggeboorte wees.

Eduard het deelgeneem aan die "Wars of the Roses", die stryd om die troon tussen die Huis van York (onder aanvoering van sy pa) en die Huis van Lancaster (onder aanvoering van Hendrik VI en sy vrou).

Hy het die Lancasters in verskeie veldtogte verslaan, veral met die hulp van Richard Neville, Graaf van Warwick, en het in 1461 koning geword. Hy het teen Warwick se wens in getrou met Elizabeth Woodville, ’n jong weduwee uit die lae stand.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search